Binêre getallestelsel
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Binêre getallestelsel is enige getallestelsel wat geënkodeer word as 'n reeks binêre syfers. Dié syfers word gewoonlik voorgestel as 1 ('waar') en 0 ('vals'), alhoewel dit suiwer uit konvensie is en daar ander konvensies is wat dié waardes omruil of heeltemal anders voorstel. Binêre getallestelsels is uitstekend gepas vir digitale gebruike, en feitlik elke rekenaarstelsel maak gebruik daarvan.