Bakoese Metro
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bakoese Metro (Azerbeidjans: Bakı Metropoliteni, Russies: Бакинский метрополитен имени В. И. Ленина) is 'n openbare vervoerstelsel in Bakoe, Azerbeidjan. Die moltreinnetwerk is geopen op 6 November 1967. Dit bestaan uit drie lyne wat ondergronds loop en altesaam 40,3 kilometer lank is met 27 stasies. Die spoorwydte is 1 520 millimeter (Russiese wydte). Elektriese toevoer word deur 'n derde spoor verskaf en die elektriese spanning is 825 volt gelykstroom.