Azerbeidjanse Lugmag
lugmag van die Gewapende Magte van Azerbeidjan / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Azerbeidjanse Lugmag (Azerbeidjans: Azərbaycan Hərbi Hava Qüvvələri) is die lugmag van die Gewapende Magte van Azerbeidjan.
Kitsfeite
Azerbeidjanse Lugmag | |
---|---|
Vaandel van die Azerbeidjanse Lugmag | |
Gestig | 14 Februarie 1992 |
Land | Azerbeidjan |
Onderdeel van | Gewapende Magte van Azerbeidjan |
Tipe | Lugmag |
Rondeel | |
Spesialisasie | Lugoorheersing, verkenning, nabye lugondersteuning |
Hoofkwartier | Bakoe |
Aantal lede | 7 000 personeel (2012) 312 vliegtuie (2012) |
Sluit
Die huidige Azerbeidjanse Lugmag is gevorm uit dele van die voormalige Sowjet Lugmag ná die ontbinding van die voormalige Sowjetunie aan die einde van die Koue Oorlog in Desember 1991. Dit is op 14 Februarie 1992 gestig, ná die Azerbeidjanse onafhanklikheidsverklaring op 18 Oktober 1991. Sedertdien het die lugmag ernstige terugslae ondervind, te wyte aan 'n gebrek aan hulpbronne, en het voortdurend gekrimp in grootte. Sedert İlham Əliyev president van Azerbeidjan is, word baie meer fondse egter aan die gewapende magte toegeken.
Die hoofkwartier van die Azerbeidjanse Lugmag is in die hoofstad Bakoe.