Austin Roberts
From Wikipedia, the free encyclopedia
Austin Roberts (3 Januarie 1883 – 5 Mei 1948) was 'n Suid-Afrikaanse dierkundige en ornitoloog. Hy is veral bekend vir sy Birds of South Africa, wat die eerste keer in 1940 gepubliseer is. Hy het ook die dierkunde van die streek bestudeer. Sy werk The mammals of South Africa is postuum in 1951 gepubliseer. Die 7de uitgawe van Roberts' Birds of Southern Africa, wat in 2005 verskyn het, is die standaard verwysingswerk oor die voëls van dié streek.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Austin Roberts | |
---|---|
Gebore | 3 Januarie 1883 |
Sterf | 5 Mei 1948 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Dierkundige, ornitoloog |
Bekend vir | Voëlboeke |
Ouer(s) | Alfred Roberts en Edda Fannin |
Sluit