Asturië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Asturië (Asturies: Principáu d'Asturies, Spaans: Principado de Asturias, "Vorstedom Asturië") is sedert 11 Januarie 1982 een van die outonome gemeenskappe van Spanje.
|
|
---|---|
Kaart | |
Basiese gegewens | |
Hoofstad | Oviedo |
Amptelike taal | Spaans |
Bevolking | 1 076 896 (1 Januarie 2006)[1] |
- Aandeel aan Spanje | 2,6 % |
- Bevolkingsdigtheid | 102 inwoners/vk km |
Oppervlakte | 10 604 km² |
- Aandeel aan Spanje | 2,1 % |
Grootte | Noord-suid: tot by 76 km Wes-oos: tot by 214 km |
Statuut van Outonomie van | 11 Januarie 1982 |
President | Javier Fernández |
Verteenwoordiging in die Cortes Generales | Kongres: 8 setels Senaat: 6 setels |
Admimistratiewe verdeling | 78 Concejos |
ISO 3166-2 | ES-O |
Asturië lê in die noorde van die Iberiese Skiereiland in die noordelike uitloper van die Kantabriese Kus (Cornisa Cantábrica) en word in die noorde deur die Kantabriese See, in die suide deur die Kantabriese Berge, in die ooste deur die riviere Deva en Cares en in die weste deur die Eorivierbedding begrens.
Die geleidelike oorgang tussen see en berge het 'n verskeidenheid landskapsvorme met 'n ryk inheemse fauna en flora geskep, terwyl Asturië ook vir sy historiese erfenis bekend staan. Die Voor-Romaanse boukuns van die gebied is deur die Unesco as 'n wêrelderfenis gelys. Bestanddele van hoë gehalte en bekende plaaslike spesialiteite soos Sidra (Asturiese sider) het Asturië se kookkuns op die gastronomiese wêreldkaart geplaas.