Artabanus IV van Partië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Artabanus IV, ook bekend as Ardawan IV (Parties: 𐭍𐭐𐭕𐭓), wat in ouer geskrifte soms verkeerdelik Artabanus V genoem word,[1] was van omstreeks 213 tot 224 die laaste koning van konings van die Partiese Ryk. Hy was die jongste seun van Vologases V, wat in 208 gesterf het.
Kitsfeite Artabanus IV 𐭍𐭐𐭕𐭓, Koning van die Partiese Ryk ...
Artabanus IV 𐭍𐭐𐭕𐭓 | |
---|---|
Koning van konings | |
'n Dragme van Artabanus IV. | |
Koning van die Partiese Ryk | |
Heerskappy | 213-224 |
Voorganger | Vologases VI |
Opvolger | Ardasjir I (Sassanidiese Ryk) |
Oorlede | 28 April 224 |
Dinastie | Arsakiede |
Vader | Vologases V |
Religie | Zoroastrisme |
Sluit