Andrew Smith (dierkundige)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Andrew Smith (Hawick, Skotland, 3 Desember 1797 – Londen, 11 Augustus 1872) was 'n Skotse chirurg, ontdekkingsreisiger, volkekundige en dierkundige. Smith word as die vader van dierkunde in Suid-Afrika beskou.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Andrew Smith | |
---|---|
Sir Andrew Smith | |
Gebore | 3 Desember 1797 Hawick, Skotland |
Sterf | 11 Augustus 1872 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Dierkundige, dokter |
Bekend vir | Vader van dierkunde in Suid-Afrika |
Eggenoot | Ellen Henderson |
Sluit
Smith is in Hawick, Roxburghshire gebore. Hy kwalifiseer in 1819 as dokter aan die Universiteit van Edinburgh. In 1816 sluit hy by die geneeskundige diens van die Britse leër aan.