Albatros D.I
Duitse dubbeldekker vegvliegtuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Albatros D.I is die eerste van 'n reeks Duitse vegvliegtuie wat ontwerp was om heerskappy oor die lugruim terug te wen. Die Geallieerdes het danksy die Nieuport 11 en Airco DH.2 die Fokkerplaag oorwin en Duitsland het die Albatros vliegtuie in diens gestel as teenvoeter. Daar was tussentydse vliegtuie in diens gestel met twee masjiengewere aan boord maar die massa van die tweede masjiengeweer en ammunisie het die vliegtuig se werkverrigting negatief beïnvloed. Duidelik was beter bewapening nodig asook sterker enjins en ontwerpingenieur Robert Thelen het die D.I prototipe ontwikkel.
Albatros D.I | |
---|---|
Tipe | Dubbeldekker vegvliegtuig |
Vervaardiger | Albatros-Flugzeugwerke |
Ontwerp deur | Robert Thelen |
Bekendstelling | Augustus 1916 |
Hoofgebruiker | Luftwaffe |
Aantal gebou | 50 |
Weergawes | Albatros W.4 |
Die Albatros D.I was bewapen met twee 7.92 mm Spandau masjiengewere en aangedryf deur 'n Mercedes D.III enjin van 160 perdekrag. Dit was die eerste vegvliegtuig wat toegerus was met twee masjiengewere wat nie die vliegtuig se werkverrigting negatief beïnvloed het nie. Daar is spoedig met produksie begin, die prototipe is feitlik net so vervaardig. Die enigste verskil was dat die D.I toegerus was met 'n horn-hoogteroer. Die D.I was minder rats as die Fokker monovlerkvliegtuie maar kon beter klim, was vinniger en was beter bewapen.
Toe die D.I sy verskyning maak was die Luftwaffe besig met herorganisasie van Jagdstaffeln en die eerste D.I toegeruste Jastas het in September 1916 hulle eerste vlugte onderneem. Teen Desember was daar reeds 50 D.I's in diens maar teen daardie tyd het die D.II reeds verskyn.