2019-’20 Pro14-seisoen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2019-’20 Pro14-seisoen (ook bekend as die Guinness Pro14 weens borgskapredes) het op 27 September 2019 afgeskop. Dit is die negentiende seisoen van die kompetisie wat oorspronklik as die Keltiese Ligabeker bekend gestaan het, die derde van die vergrote 14-span-toernooi en die derde toernooi wat as Pro14 bekend staan (dit was voorheen as Pro12 en die Keltiese Ligabeker bekend).
Kitsfeite Deelnemende lande, Wedstryde gespeel ...
2019-’20 Pro14 | |
Amptelike logo | |
Deelnemende lande | Ierland Italië Skotland Suid-Afrika Wallis |
---|---|
Wedstryde gespeel | 88 |
Drieë gedruk | 519 (gem. 5.898 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 101 JJ Hanrahan (MUN) |
Meeste drieë gedruk | 10 Rhyno Smith (CHE) |
Sluit
Die veertien spanne wat aan die kompetisie deelneem verteenwoordig Ierland (Connacht, Leinster, Munster en Ulster), Italië (Benetton Treviso en Zebre), Skotland (Edinburgh en Glasgow Warriors), Suid-Afrika ( Cheetahs en Southern Kings) en Wallis (Cardiff Blues, Dragons, Ospreys en Scarlets).