2013 eindjaarrugbytoetsreeks
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2013 jaareindrugbytoetsreeks (ook bekend as die Herfstoere in die Noordelike Halfrond) verwys na die internationale rugbywedstryde wat gedurende November hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond gespeel word.
In 2013 is ’n totaal van 39 wedstryde gespeel met ’n rekord van 24 wedstryde waarin ’n Vlak 2 óf Vlak 3-span betrokke is met ses wedstryde wat tussen Vlak 1 en Vlak 2-spanne gespeel is, in opbou tot die Rugbywêreldbeker 2015. België, Brasilië, Kanada, Chili, Georgië, Hong Kong, die Ivoorkus, Portugal, Roemenië, Rusland, Senegal, Spanje, Tunisië, die Verenigde State en Uruguay het gespeel, met die drie Suidseespanne en Japan wat elk eenkee teen ’n Vlak 1-span gespeel het. Wallis en Frankryk het teen Tonga gespeel, Italië teen Fidji, Ierland teen Samoa en Skotland teen Japan. Japan het ook teen Nieu-Seeland gespeel, vir ’n eerste keer in Japan.