Édouard Manet
From Wikipedia, the free encyclopedia
Édouard Manet (IFA: edwaʁ manɛ; 23 Januarie 1832 – 30 April 1883) was ’n Franse skilder. Hy was een van die eerste 19de-eeuse skilders wat moderne kuns aangepak het en ’n belangrike figuur in die oorgang van realisme na impressionisme.
Édouard Manet | |
---|---|
Portret deur Nadar, 1874. | |
Gebore | (1832-01-23)23 Januarie 1832, Parys, Frankryk |
Sterf | 30 April 1883 (op 51), Parys |
Nasionaliteit | Frans |
Veld | Skilderkuns, kunsdrukwerk |
Beweging | Realisme, impressionisme |
Hy is in ’n vooraanstaande familie gebore met sterk politieke bande, maar het die toekoms wat vir hom uitgelê is, verwerp en begin belangstel in die skilderkuns. Sy vroeë meesterwerke, Middagete op die Gras en Olympia, albei uit 1863, het groot omstredenheid veroorsaak en gedien as vertrekpunt vir die jong kunstenaars wat impressionisme ontdek het.
Vandag word dit beskou as waterskeidingswerke wat die begin van die moderne kuns ingelui het. In die laaste 20 jaar van sy lewe het hy bande met ander groot kunstenaars van sy tyd gesmee, maar hy het sy eie styl ontwikkel wat beskou is as innoverend, en dit het ’n groot invloed op latere skilders gehad.